Stormgenade
eendragtige klomp donker wolke
blaas swaar sy wasige asem
ongestoord oor die uitgedroogde lande
donderstorms grom en brom
klink soos geweerskote
kwaad en woedend
brg-brg brul sy stem
krg-krg knal hy verder
ligstrale in allerhande rigtings
stil slaan sy vingers
in die grys lug
papnat dakke sing
soos die reën kletter
‘n vreugdevolle vreedsame genade
©Roeline
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.