
Straatkind
Ek is arm, my menswees is bankrot.
Als wat ek in die lewe wil hê, kom met ’n buitensporige prys.
Ek is die straatkind wat koud en dom vir jou sit en wag.
Jou verbystap hier langs my, bring dalk ’n bietjie hoop.
Ek het nie veel nie, my kanse op oorlewing is ’n patetiese poging.
Ek daal gelyk met my voetsole en steek my hand uit na jou en bedel,
’n stukkie van jou hart.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goed beskryf vanuit 'n straatkind se oogpunt, Helena