Jongste aktiwiteit:

Strome vol liefde

Ek het wakker geword
in hierdie nuwe mŏre
my pad lê uitgestrek
soos ‘n berg vorentoe

Skoene wat ek moet dra vir krag
water wat ek moet saamvat
wanneer die son warm brand
in opwinding met ‘n glimlag in my hart
weet ek jy is die skat in my ontdekkingsreis

My innerlike gevoel is oorlaai met liefde
die son skyn nie meer agter die maan
ek kan weer soos ‘n kind baljaar
en die verte in van ‘n krans af staar

Dan kyk ek net stom met ‘n glimlag
jy is deur die storm
jy’s deur die nag
jy’s deur die pyn
en jy’s deur die wag…

Jy gee my ‘n nuwe lewe

en ‘n nuwe pad

Jy keer my wêreld om

en maak my nuut

 

 

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed