Jongste aktiwiteit:

Suur mynwater

Begrawe diep in rotsformasie,
is ‘n kluis in aarde toegevou,
so kunstig van kristal en klip gebou
waar eggo’s klinkel in geheime spasie.

In daardie diepte leef ‘n meer.
Belowend blink die donkerblou;
luminessensie glimmer vrolik flou;
die raarste diertjies dans daar sonder kleur.

Maar vreemde druppels kom toe vrede dreig.
Deur water, suurstof en piriet
so wreed verteer, bebloed laat staan.

Gerieflik kan haar heersers salig swyg.
Verborge skade. Geen verdriet.
Die wonderwêreld het mos nooit bestaan.




2 Kommentare

  • Nelia Strydom

    Foto verwysing: All that is Interesting (2016), Reed flute cave lake, China, foto, besigtig 16 Maart 2017, .

  • Anze

    Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen! Kan jy asb net al die inligting wat SA Vryskutskrywer in die kompetisie reëls gevra het so gou as moontlik vir my per e-pos stuur by skryfafrikaans@ink.org.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed