SWART DRUPPELS
Waterdruppels kristel helder
hang koud weerkaatsend
aan swart harts-takke
gekondenseerde ys-trane
in doodsdruppels van smart
in die eindelose mistige heelal
sweef die kind – my kind, jou kind
ons kind – in asems van die wind
net ons ken die pyn van verlange
na die kind, my kind jou kind ons kind
maar aan die punte van swart takke
fyn spinnekop vingers nou beduidend
het ons hulle terstond in tyd
weer in ‘n waterdruppel
lewend gevind
© Ida 25.12.2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.