koue
lae wolke hang dragtig oor my duin in skemer oggend skuif stadig verby en gaan vorm miljoene yskristalle wat lê op hange van blou berge wat oor horison loer byna ondraaglike stilte heers voor wind die koue skep en roekeloos oor vlakte uitvlek soos kombers wat verkoues en nies bring ©Teárlach
leier
op my duin is daar eenheid eenheid van gees oor vele dinge die natuur se prag en grootheid die uitspansel se oneindigheid mensdom se ongelowigheid ver oor die see broei daar wolke binne dae gaan daar weer reën kom alles het tyd en plek in Sy skepping Hy neem volle leierskap daarvan hoekom, mens is […]
HARTSPLAGIAAT
HARTSPLAGIAAT Ongetem en stom skeur my oë in ‘n 2geveg dwarsdeur die onbevange swart van die nag. Ek kruip weg vir die lig van die maan en flikker-flonker van die sterre; soos ‘n mal kakkerlak in die donkerte van ‘n stofhoekie iewerster in ‘n deurmekaar koskas. Die rou wekroep van my hart stom gemuilband. Gevange […]
Winterkaros
deur ‘n ysige wintersvlug kristal haar asem tiekiedraai en swaai haar yskaros dansend om die knersarms van gestroopte boom en plant wat swart na binne blom dwalend in verwondering deur verstrengelde stoppelgras wat flenter-vlerk knak en buig verkrummeld op die aarde neersyg terwyl stingels smagtend op ‘n nuwe lente wag soos ‘n vergeelde foto hang […]
winters dag
groen fynbos velde groei rojaal allerhande groenigheid kom op skilpadjies kom weer kos haal my duin verspoel ver oor sy kop oorkant baai skyn liggies snags verre bergreeks wys blou koppe wit perde jaag strand toe bedags ry fietse met stewels en stroppe daaglikse metrum van gebeure mens en dier woon rustig saam seisoenale blomme […]
GOETERS WAT BETERDER IS AS DIE BESTE
GOETERS WAT BETERDER IS AS DIE BESTE Lank gelede tydens daai Goddank-verby Satynlaken-dae het ek status, mag en ‘n stewige bankbalans in die palm van my hand gehad. Ja, Bokkie my babie – ‘I moved like Harlo in Monte Carlo and showed them what I’ve got. I got undressed by kings and seen somethings a […]
die nag daal
die son het gaan rus die maan gee blou lug ‘n kus al die meeue het gaan slaap hier en daar blêr ‘n skaap my duin is pikswart stil waar golwe die strand afskil stukkie vir stukkie skuif sand vorm walle en slote op land die nag skyn pikswart bewolk waaronder die wolke draai en […]
Winter in haar wese
(goud) Buite knoop die winter haar purpergroue kamerjas aan die uitgebreide blouheid van die Bolandhemel vas; sy strek dit wyd en syd, van hoek tot kant sy stort water oor die land wat eens so bitter dors was. Sy trek die berge toe vir dae lank as belofte dat die wingerde altyd weer sal rank. […]
Nommer asb!
Die dae van klein wees is verby kettie is ‘n verlore seun Barbie het al ‘n selfoon Vingers wat daans om woorde te tik woorde van ‘n verlore tong soos koppe gebuig staan vasgevang in ‘n tegnologiese tronk Onpersoonlike gesprekke ‘n doods’kis ‘n gees’telose verbal ‘n karak’terlose taal Skiet my in die ruimte in miskien […]
Winterlittekens
as engele die oranje blare skommel staan die littekens bar en leeg sonder lewe – sonder vrees in die winter se oggendlied wat kraak in gelid die droefheid van wraak wat nes onder die kou’ wintergesange falsetto deur die ysige lug wat kristalspore laat onder kleurvolle einders wat dans in die lig op woorde wat […]