Plengoffer – Eduard Smith
Ken julle die plengoffer wat aan die bodem van my glas kleef: daar skarrel asems in klein korrels teen die buitewand wat in plaste niks versamel lê. ‘n Losspel vandag maak groot treë weg van die opening in die bottel wat kurkloos vir volmaak(theid) wag. Soos ons lewe en laat leef hang goeie voorneme meters […]
2: MET, OF HEUNINGWYN
Die winter is n regte man, 2: MET, OF HEUNINGWYN [245 WOORDE] Die koudste koud wat ek ooit gekry het was die Kersfees toe ons kleinkinders met al die besoekooms en -tantes ‘n „sneeuwandeling” gemaak het en die dowwe „Opa” moes saam. „Koud is die windjie en skraal, en daarbuite. . .” En daarbuite kom […]
‘n Stukkie mooi
Winter is ‘n tyd van siek word, verkoue en griep is meeste mense se voorland. Die koue teer op verkoues, dit is ook een van die redes waarom baie mense nie van winter hou nie. Maar dit is ‘n seisoen wat mens moet aanvaar, en daarmee moet saamleef, en die beste daarvan maak. Vanoggend voel […]
Skilderkind
OPGEDRA AAN VINCENT VAN GOGH EN MARLI FOURIE Vasgelê in pallet van lap is die prag wat uit jou emosie hart tap. Ongeskryf, sonder taal verwoord jy volmaak alle hartseer en prag wat jou siel aanraak. Sien jy die wêreld soos die digter in my. Verf jy in kleur om mens te mislei, oor jou […]
winter
hy is ‘n skobbejak gooi spierwit kombers dit hang en breek ‘n tak hy is ‘n lae lak hang woljas om jou gryp ‘n trui uit die rak hy maak jou swak skuifelstap in sy spoor baie soek hitte by die kwak na ‘n maand is ek ‘n wrak moeg gedra aan ekstra klere verlang […]
dis koud
die wind sleur my mee vandag my duin is ‘n fladder van droë blare dit suis en kreun tussen die duine strate selfs my fisante vriende hou bek toe en sit stil koue vloei van wit berge af na benede soos vloeibare skitter wit gedagtes wat skroei sover dit deur kloof en dal beweeg tot […]
blank van siel
saggies sif die reën nou neer soos moeder se donskombers oor my lyf op ‘n wintersaand my vel is blank en bloesend so is ek gebore en so ontvang soos ‘n pienk roos knoppie die wind probeer my wegwaai donderweer wil my oorweldig my wees bly dieselfde – ek is geen stuifmeel sal my ooit […]
VASGELê VIR ALTYD
Ek’s die siel in skadu’s, soos kaf uitgewerp, oor my woorde wat vloei soos trane, wat uitdrup in geskryf. Verwek om te dig, oor my hart se seer emosie. Vasgevang in ink, Sonder die klank van my stem. Om in toekomstige dae te weerklink in voordrag of selfs net deur enkel siel. Sal my hart […]
ware liefde
soos appelbloeisels in die lente soos perskebloeisels in die vroeë oggend soos spierwit drolpeer blomme in die soutpansberg soos namakwaland se opslaan blomme na die reën so is die liefde van ‘n jong mens wat ontluik soms hou dit vir altyd en ewig in eenheid soms verwelk dit na die eerste droogte alles moet reg […]
nog en nog
nog ‘n blom se bloos is uitgedoof nog ‘n rots vergruis in gruis tot sand elke dag hoor ek van meer en meer my duin bly in permanente skemer nog ‘n plaas word uitgeskakel geskrap nog ‘n produksie eenheid verwoes gelaat elke dag hoor ek van geweld en moord my duin bly in permanente rou […]