ware liefde
soos appelbloeisels in die lente
soos perskebloeisels in die vroeë oggend
soos spierwit drolpeer blomme in die soutpansberg
soos namakwaland se opslaan blomme na die reën
so is die liefde van ‘n jong mens wat ontluik
soms hou dit vir altyd en ewig in eenheid
soms verwelk dit na die eerste droogte
alles moet reg wees vir suksesvolle oes
daar moet genoeg vog wees in die grond
grond moet goed bemes wees met stikstof
onkruid as mededinger word gedurig verwyder
so is die liefde van ‘n paartjie ook maar moeite
moeite in liefde se naam is net maar plesier
maar sewe sakke sout opeet is baie waar
geen geluk oorgelaat aan geluk nie
slegs genade van Bo en werk
van onder kan dit behou
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.