leier
op my duin is daar eenheid
eenheid van gees oor vele dinge
die natuur se prag en grootheid
die uitspansel se oneindigheid
mensdom se ongelowigheid
ver oor die see broei daar wolke
binne dae gaan daar weer reën kom
alles het tyd en plek in Sy skepping
Hy neem volle leierskap daarvan
hoekom, mens is jy ongelowig
diere van die veld weet wat kom
voëls bou neste en maak dit digter
bokkies skrop droë holtes onder fynbos
wind het woes gestorm deur die nag
mense gaan aan soos altyd tevore
wanneer die lug begin donker word
gaan buie reën begin uitsak en versprei
alles verstil voor Sy oneindige wysheid
water sak weg en begin strome maak
maar mens soek na nog argumente
oor die velde lê mistige vrede en groei
soveel seën uitgedeel wat almal kan deel
rus en vrede behoort nou volop te wees
maar onder brom die barbaarse drom
mens soek steeds na hul leier: Hom
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.