Winter van 1843.
Winter van 1843. Aan die voet van die Drakensberg is die opstal van Hendrik en Martha de Beer. Dit is die jaar 1843 en winter het sy vere reggeskuif en in volle glorie neergedaal op die vaal vlaktes. Hendrik se plaas het in die kromming van die berge gelê in, daar waar die berg ʼn […]
Fees van die verslaafdes Silwer
aasvoëls saamgedrom om ‘n winterkonka in die vuur tuur bloedbelope oë wraaklus, wreedheid, waansin, wellus monsters van die dwelmkult sleepvoet sluipend donkernag soekend na duiwelsplesier en in die ryptrap van ‘n winterlandskap lê ‘n bloedspoor… huil die nanagwind terwyl ‘n aasvoël sy prooi verslind
Olimpiese winterspele se beginjare.
Olimpiese winterspele se beginjare. Een van die heel bekendste sportgebeure in die wêreld, het vir die heel eerste keer plaasgevind in ou antieke Griekeland. Griekeland het tussen 700vC en 1000vC verskillende provinsies gevestig, elk met eie regering en wette. Die atlete van die onderskeie state het teen mekaar meegeding in kompetisies. Sport het ʼn baie […]
Winter in my gemoed.
Winter in my gemoed. Met die winter wat nadersluip het ons aanstons kouer temperature op hande. Alhoewel daar baie mense is wat floreer in die winter, is winter ook die seisoen vir skete. Gou-gou kom die son soggens later op en sak ook al hoe vroeër saans. Die temperature daal en die aande raak heelwat […]
seisoene van die lewe (SILWER)
seisoene van die lewe een grou grys oggend staar ek deur die ruit herfs het haar jas verruil vir ʼn winterskaros styf om haar skouers gedraai in bleek blaredos sonskyn se warm strale besluit: ek moet uit die seisoene loop in kringe met woelinge jaar se getye wat immer kom en ook gaan so dikwels […]
OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]
My seisoen: winter.
My seisoen: winter. Almal van ons het ʼn gunsteling seisoen. As jy die mense rondom jou bietjie pols, sal jy hoor dat bykans elke mens ʼn gunsteling seisoen het. Wel, ek is definitief ʼn winterkind. Op een koue aand in Julie maand is ek gebore – ʼn winterkind! Winter is beslis nie almal se gunsteling […]
Spoor
Spoor Uitgestrek oor vlakte heen in sand geklee in rooi en roes tussen gemsbokspoor en klipknoets rus geelgras winkend waar wilde perde wei bekendheid uit vervloëndheid s-y-p-e-l langsaam terug op die maat van ‘n stoomtrein stik hy sy spoor in lyn en heg die sye van ‘n hart met elke tjoeke-paf heel. ©marikavanheerden
geboorte van ‘n winterkind (SILWER)
geboorte van ʼn winterkind in wolkelose wintersaand begin my liggie skyn winterweemoed wuif weifelend huiwerend ragfyn sneeuvlokkies val sag en bibberend wyl son se strale skuifelvoet op horison verdwyn met gletservingers streel die swart ryp genadeloos en winterkoue klem aarde vas met kapok-arms al kreunende en kermende sing winterwind sy psalms koue laat voel […]