Stil gedagtes
my gedagtes is aan die draai stilwees is in die kaai waar seemeeue draai terwyl vele maai oordink ek baie werke sonder vele in kerke versteekte gedagtes tussen berge word krag verbreek in sterkte stil het baie geword geen spraak is uitgesort elkeen nie gesond so baie is gewond staan ek stil en alleen geen […]
herfs
die blomme is wonderskoon in palet kleure geverf oor die duine gulsig word elke druppel vog gebruik in elke moontlike voortplantings tog bye en heuning voëltjies floreer stuifmeel draers van natuur helaas is die blomtyd kort verlep en verdwyn alles spoedig in bruin duin soos die jeug van ‘n mens ook spoedig verlep in plooie […]
lig wat skyn
ligte oor die see vertel stories van verre lande vragskepe en passasierskepe wat heen en weer oor die see in sirkels pendel vir wins nader aan my duin sien ek snags om die punt ligte van die hawehoof en dorp wat oorkant die baai lig maak vir dié wat daar woon soos die ligte snags […]
ruimte
oor my duin hang daar ‘n blou koepel van donker swart tot ligte blou met ligte miljoene sterre waarvan party flikkerend seine stuur die koepel lyk of dit stadig beweeg oor die see altyd draaiend in skuifel pas van oos na wes net die vele liggies aan die strand se kant verdof die pragtige vertoning […]
geboortedag
toe my oë oopgaan was daar dowwe geel lig ek het geskreeu van skrik hierdie wêreld sonder water was baie erg om te ontmoet teer en warm bors van ma het my toe gerusgestel my in liefdes kus ontvang ©Teárlach
Kuns Plaas Koop
die grond lê braak jare al skilder die natuur sy eie prent op die vaal doek. ko-op vra geld sê jy is seker mal geslagte het geleer verf vat nie op ń nuwe doek. slawe arbeid kuns en plaas koop altwee verwoes die doek.