Waar liefde is, is lewe
Mahatma Ghandi het geskryf, “Where there is love there is life.” Wys my die mens wat sonder liefde WIL lewe en ek wys jou ’n leuenaar. Niemand, nie eens die grootste hardekwas, grootbek-lawaaimaker wil doelbewus ’n lewe sonder liefde hê nie. Almal vra tog na deernis en omgee, al is dit hoe onopsigtelik. Boonop is […]
Ek soek jou
ek soek jou in die skoonheid van die natuur daar waar my roksoom raak as ek gaan sit en wag waar water druis kan ek vir ure stil tuur op soek na jou beeld ‘n oomblik in pag ek soek jou in die blou lug wanneer drome rondom my wentel in die natuur voel ek […]
nêrens
eenkant van nêrens lê die plaas diep versteek in ‘n droë, donker kloof luiperds was nog tiere genoem daar bosvarke het in troppe daar gewei bosbokke helder oordag geblaf maar helaas nie meer so nie nêrens het uit vyf plase bestaan geen kar kon soontoe beweeg, net die trein ver uit die kaap se see […]
blydskap
groter blydskap kan daar nie wees oor my duin skeur die sonstrale die nuwe dag oop in rooi-oranje kleure verder oor die turkoois kleurige baai omring met wit-geel strande ruis die golwe in blydskap maak elkeen sy merk met ‘n wit skuim soom dag en nag wissel af dae en weke vorm maande en jare […]
nederlandse tulp
soos ‘n suiwer windjie het sy uit die noorde gekom klokhelder het haar stemmetjie die landskap kom sny en verander elke gedagte verryk en gekleur nederig en onskuldig eerlik herskep sy die ruimtes van musiek en tone mag haar stem altyd oor ons landskap sweef ©Teárlach (Vir: Amira. 20/09/2020)
vatbaar
my duin lê soms bar hardloop gesigte en gedagtes die wye wêreld is oop gevlek met elke prentjie en blad kan jy dalk ‘n sielemaat op die wye web van media vind daar is voorbeelde daarvan soms baie suksesvol so wys dit dalk op leemtes van normale kommunikasie tussen aangetrokke mense wat persoonlik ontmoet wat […]
My land, my lewe, my liefde Silwer
Ek ruik die rooi in die grond van my vaderland terwyl die son oor die veld en die horison brand en kwagga en wildebeest stof opskop in die Namib luister ek na die grys kwêvoël se gesanik en oor die kranse en klowe word ‘n nuwe dagbreek belowe
sal dit kom
die hemele breek oop rook en vuur strepe trek donderende geluide vul alles verdoof elke oop oor in knalle so breek donderstorms die lug laat die reuk van verbrande as ruik soos swael en osoon gas sal dag ook kom, Meester waarop alles verbrand mense sal wegkruip gate en grotte opsoek ©Teárlach
Net die nag sal weet Silwer
Die druppels is koud. Nat spoortjies vorm teen Dawie se gesig waar hy skuiling onder die groot Jakaranda probeer soek. Hy skrik toe ‘n blits ‘n paar meter van hom af teen die grond vasslaan. Vannaand sal hy teen sy wil by Door of Hope moet gaan aanklop. Die wolke word donkerder en die wind […]
pragnosties
tussen koue en hitte lê my duin nat gereën wes kaap se nat winters bloei uit in blomme reën so kyk my siel na alles uit pragmatiese oog ook diagnosties soekend na die antwoorde wat ons altyd flous ©Teárlach