Liefde is … ingewikkeld
Vir elkeen wat die aarde bewandel sal liefde sekerlik ’n ander waarde of betekenis hê. Vir sommige word dit as wortel voor ’n ander se neus gehou in die hoop om iets uit die situasie te ontvang. Soms is dit ’n geleentheid om onvoorwaardelik te dien. Vir ander is liefde selfs ’n ononderhandelbare item, iets […]
aarde bewe
dit was soos elke oggend normale dag van werk en leef toe begin die aarde bonsend buig almal gryp iets en hardloop na buite massa histeriese mense wat gil en val die grond skeur en maak toe in stuipe soos die kronkels van ‘n luislang kraak en dreun met knalle wat stoom en water oral […]
Ek wil lewe (goud)
Vat my enige plek saam met jou enige plek weg van hier enige plek waar vergeet kan verlig ‘n plek met purper plesierighede soos in die mik van jou arms of oor die heuwels van jou heupe waar jou hande veilig oor my kan veld ‘n plek waar buite ‘n binneding raak waar net ek […]
Metafoormens
Ek het gisteraand aan die slaap geraak in ‘n sterrebed met jou hier aan my sy ons het soos dryfsiele in jou bed gesweef ‘n hele nag later wakker geword en geweet die lakens tussen ons is te dik die kamer ruik na slaap en sweet. Jou hande het nog vasgekleef aan my vel en […]
luisterpos
ver bo op ‘n klip krans is daar ‘n holte in ‘n skeur sitplek vir net drie mense verberg van meeste oë bedags word die grens bespied snags is dit ‘n luister pos vir beweging beweging van onwettige insypelaars wat snags oor die grens wil sluip daar gelaat vir drie dae tot ‘n week met […]
Oorgawe in ekstase Silwer
ek verdrink in dieptes van blou safiere wat kolkmaal en skuimend teen my aanslaan met grypende vingers my aftrek na die donkerte wat uitlokkend smeulend op my wag ek verdwaal in jou doolhof van genot terwyl honderdduisend musiekante tuimelende crescendos witgolwend oor my uitspoel my wese met dawerende applous vul ek gee oor en smelt […]
Stilwees in liefe
helder voel jy die vlinders in jou binneste met kleur omhul spartel jou gedagtes mooi is die liefde op die wysie van geluk terwyl die horison se geel oranje jou toevou met swart silhoeëtte in mekaar se arms vasgehou blou is die stilwees van ‘n liefdesgedig terwyl rooi lippe mekaar in ‘n kus betug en […]
Karoonag (Engelse Sonnet) Silwer
in skemersatyn teen die voornaguur met die sterre en die maan in gelid deur die kaal karoo met ‘n vlees van vuur het ek koesterend jou karma aanbid in jou oog se kyk wink ‘n woord sy weg en deur jou lippe wat speel met jou mond soos vulkaniese rots wat vuur beveg is daar’n […]