Jongste aktiwiteit:

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Marthie Joubert het ‘n nuwe publikasie gemaak

Liefde is … ingewikkeld

Vir elkeen wat die aarde bewandel sal liefde sekerlik ’n ander waarde of betekenis hê. Vir sommige word dit as wortel voor ’n ander se neus gehou in die hoop om iets uit die situasie te ontvang. Soms is dit ’n geleentheid om onvoorwaardelik te dien. Vir ander is liefde selfs ’n ononderhandelbare item, iets wat nie baie ruimte vir misstappe toelaat nie. Dit kan wissel tussen daardie lekkerkry bonsende gevoel of die koele rustigheid van ’n immer-vloeiende stroompie, of selfs gebruik word om ’n ander af te knou!

Liefde kan dus so goedkoop of so duur wees as wat jy dit self wil maak. Maar een ding is seker, daar is ALTYD ’n prys om te betaal inruil vir iemand anders se liefde – of dalk is dit eerder die prys vir aandag en nie noodwendig liefde nie.

Ware liefde kan nooit met geld of besittings betaal word nie. Wanneer dit opreg aangebied word, sal dit nie saak maak indien die ontvanger nie oor aardse rykdom beskik nie. Maar in so ’n verhouding is daardie selfde liefde ook uiters duur want dit vra 100% getrouheid, eerlikheid, lojaliteit, liefdevolheid en om te probeer om nie jou maat se vertroue te skend nie. Liefde is ook die bereidwilligheid om dikwels en duidelik te kommunikeer en stilstuipe of vloekwoorde is nou nie juis ’n goeie vorm van kommunikasie nie. Tog, wanneer ware en onvoorwaardelike liefde tussen twee mense ontstaan, is geen prys te hoog om te betaal nie.

Gratis liefde, of daardie vorm van vermaak wat snags op die straathoeke aangebied word, is so “cheap” soos die stukkende sykouse en siekes waarmee die draer getooi is. Liefde wat in ruil vir ’n paar rand weggegee word, word baie beslis nie gewaardeer nie, al is prostitusie so oud soos die mensdom self. Daar is geen lojaliteit by betrokke nie en dit is alleenlik die middel tot ’n doel – geld.

Maar wat as die prys van ware liefde te hoog word om oor ’n lang tydperk te betaal? Wat as een of beide van die partye nie meer 100% kan of wil gee nie? Gooi mens dan daardie verhouding net soos as in die wind en “let bygones be bygones”? Is dit werklik so maklik om ’n verhouding soos ’n ou paar skoene uit te skop en weg te draai, of is daar altyd iets wat saam met jou stap? Jou gewete dalk, herinneringe aan die goeie, maar ook slegte tye, die vreugdes sowel as die hartseer? En as jy daardie wond nie tyd gee om eers gesond te word nie en jy stap te vroeg in ’n volgende verhouding in, dan kan jy maar seker weet dat jou bagasie een of ander tyd swaarder gaan weeg as jou vinnige hartklop!

Die koste en produk het soms nie dieselfde waarde nie. Tog, daar is niks so mooi en na aan die hemel as om iemand lief te hê nie. Ja, dit maak mens bang om jou hart so oop te stel in die hoop dat dit goed behandel sal word, daar is so baie om te verloor, maar daar is soveel meer om te wen. Soos mense sê, dit is beter om lief te hê en dit te verloor as om nooit lief te gehad het nie.




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak