Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Diere"(Bladsy 10)

skemer op my duin son sak vinnig weg strepe sand waai op more is spring gety my duin wikkel en beef in rukwinde uit die suide skreeuend kom dit oor dit ruk en pluk my rond golwe wil agteroor val en fyn wit sproei waai ver oor blou landskap tolbosse vergaar oral meeu spartel woes […]

waar stroompies water kabbelend tussen groen plante in klofies afspoel woon sy wat bosnimf is waar sonstrale skraal deur bewegende takke loer en haar oë laat blink daar is sy gelukkig waar loeries roep en hul maat antwoord weergalmende gesang daar sing sy vrolik waar berghaan se skaduwee oor alles verbygaan en vrees in kleiner […]

sonstrale betower my duin skaduwees van fynbos streep laag oor die houveld van die strand elke skril klank van die meeue weerklink soos die stakato klanke van ‘n hemelse mars kekkel – kekkel kom fisante onder bosse uit sukkel – sukkel beweeg skilpad in die sand skrik – skrik gil kiewiete oor elke beweging en […]

dol gelukkig dit was ‘n dol dag in dolle vaart swoeg ons doller as kop-af kan dit nie gaan vir die penniefluitspeler is die dol mooi so dol soos ‘n bakoor jakkals waar dol nie lewe nie is lewe maar dol jy kan met ‘n bol dol vuur maak so bly weg van dol netnou […]

Boskind by Seekoeigat Boskind se droom, word eindelik, eens waar tuis, in die bos is sy, shoe! dis kant en klaar die skoonheid, van die natuur, is vir haar daar groter bewondering, is daar eerlik nie vir haar ai!! langs seekoeigat, sit sy nou en skater die apies, spring op en af, langs die water […]

met die geroep van wildeganse ontwaak ek vanoggend helder luide roep my duin lê stil so vroeg oggend die see het weer laasnag baljaar en plante uitgespoel strand lyk heel anders sandbanke gevorm witmossel skulpe saggies dein golwe nou weer in en uit glad soos ‘n meer geen woeling geen skud of slag sag ©Teárlach

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed