Verdelgde skape
Onder moredou-kombers tussen koue sandsteenrantjies lê afgeskilde skaapjassies op bloed deurdrenkte spoorryke grond aangedane oë ontvou wrede verhaal skimme sluipend onder vol maanlig skape blêrrend aangejaag verdelg vir hul kosbare vleis. © Taai Bonthuys
Bismarck, die Rottweiler
Ek en Isak het mekaar ontmoet op die 14de April 2017. Vandaar af was ons lewe gevul met die goeie en die nie so goeie tye. Ons het ook al ‘n sak sout of twee opgeeet in die kort tyd. Dinge wat ons goed geskaaf het sodat ons nog bymekaar is. Dit is al ‘n […]
duik van die kormorant
wit golf rantjies skitter blink ligte see briesie waai daaroor die see wriemel van vis vandag skole harders van alle grootte swiep en swenk deur blou see daaroor hang swerms seevoëls wit meeue en swart kormorante wat duikend hul vissie afmerk swart nek reguit uitgestrek skiet dodelik af pen sy prooi ander dryf op water […]
wit wolke
oor die blou-blou see ruis daar mistige wolke ingekeep met blanko strepe stadig en majestueus beweeg massas vog oor landskap trek hoog op oor berge gaan blom in blanko koolkoppe oor droë bruin landskap van karoo waar riviere in damme spruit niemand gee om dat wit wolke massas bruin reën ontlaai nie ©Teárlach
Laat lente se klanke
Laat lente is net voor somer. Die rypwordingstyd van plante wat hul kleur uitstoot. Tot daardie wonder wanneer hul in volle blom hul kleur en geur ten toon sal stel. ‘n Heugelike gebeurtenis wat so onder ons neuse gebeur. Dit kruip al nader, omhul jou gemoed en word deel van ons – sonder moeite. Laat […]
Novemberaand
(goud) vyf flaminke oor die swart rivier hoe blink blink die blinkwit maan hoog bo die vuil van vaal fabrieke en die grys van die teer wat daarnaas baan sewe ganse teen die silver lug; reeds lê die son in die see – vér onder meeue op hul skemer vlug en ’n brug wat sement […]
MUSKIET
MUSKIET Jou wrede muskiet ek slaan en klap jou verniet jy wil jou angel diep in my skiet sing jy zoem-zoem in my ore ‘n lied bekruip my beddegoed ek moet dit vinnig verhoed ek moet natuurlik hiervoor boet muskiet suig so lekker aan my bloed in die donker op die stoep slaan en klap […]
Hoop (Silwer)
Hierdie naweek sien ons nie die bar Karoo of dors bokkies en boere wat sukkel om in God te glo. Ons negeer ons tienrandnoot wat na die storting as een rand begroot. Die heuwels en velde stoot geloof en blare soos die kleur van die bloed deur ons honger are. Hierdie naweek is ons behoud […]
Ou bul
“Die verdekselsde bul wil nie skuif nie,” kla Magriet in Ben se oor. “ Kan jy hom nie net verby vat nie?” Sy sug hardop. “Is jy mal? Het jy gesien hoe groot is die ding se horings!” Sy klink byna histeries. “Oukei. Wag net hier.” “Gmf, waarheen dink jy nou sal ek heen gaan?” […]