Wesies
sulke sentrums het nie opregte honde nie
maar dis beter om een aan te neem
daai honde is altyd kruisings
daar maak jy ‘n fout
dalk, maar ek soek ‘n baba hond
net sodat jy die babastadium kan beleef
dis goedkoper om een te koop
dis te gevaarlik, vir die hond en jou eie diere
en ek kan kies en keur
meeste is nie ingeënt of ontwurm nie
daarom het mens ‘n veearts
dan kos jou hond duurder
en ek kan teël as ek wil
daar is genoeg telers wat die honde verwaarloos
so sentrum is vol nonsens met aanneming
ons verseker net die regte huis en jou aannemingsfooi dek selfs sterilisasie
almal word tog seker aangeneem
meeste kry nooit huise nie, of by die SPCA word hul uitgesit
hoekom moet ek dit ook doen?
omdat jy so w-e-s-i-e- se lewe red deur hom ‘n tweede kans te gee
©Jessica Venter
12/10/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.