Laslappie liefde
in jou growwe hande
hou jy die genade garing
waarmee jy saggies teer
my gebroke hart heelmaak
elke stekie
is versigtig deurgetrek
en nou is ons harte
vir altyd
aanmekaar geweef
met my trane
werk jy hooptoiings vas
om die laslappies van onthou
waar jou woorde my sielsrepe vasknoop
en ek krag put uit jou sterkte
wanneer die lewe ons uitrafel
kan ons mekaar
met ons laslappie liefde toemaak
want dis hier waar ons rustig word
saam staan ons sterker
©Jessica Venter
8/10/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.