Bella is ‘n boklam
Bella is ‘n boklam kan huppel en kan jive maar Bella word geroskam deur Stienie en oom Clive Bella is lammertjie so stuitig en so vry want vir Bella kon jy nooit nie in die kraal inkry Bella is ‘n boklam kan huppel en kan jive maar Bella word geroskam deur Stienie en Oom Clive […]
PADDAKOOR
PADDAKOOR Ek sit op stoep ek hoor hulle roep ek hoor dit in my oor die mooiste paddakoor oor en oor sing die hemelkoor my hartsnare is strelend getoor dis die mooiste klanke wat ek hoor brulpaddas het met my hart bekoor In die donker maanlig sit die paddas in die sterrelig hoog vlieg al […]
Die bitter en soet.
Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was hierdie jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel. Veral as ons voor ’n donker, […]
Die Melker
Nog voor die haan se eerste kraai en daeraad skaam oor die Oosterkim loer terwyl die res van ons nog sluimer-slaap onbewus van die dag se woelinge wat roer getrou is die melker op sy pos besig om duisende liters wit goud te ontgin met die ritmiese gedreun van die melkmasjiene staan die melkkoeie gedienstig […]
Die veldmuis se kuier (Hutain gedig)
Ek sien uit die hoek van my oog geskok hoe jy verby laat spat aangehits deur honger beoog jy my koskas se kos te vat vanuit veilige hoogte spat moordende gille om my rond ‘n kleine muisie het gevat en laggend laat spaander … jou vabond! ©Taai Bonthuys
Winter se koue hand (Italiaanse Sonnet)
Kopkantelend skater somer breed haar lag dans vrolik onbevang op maat van uitgelate voëlgesang blommeprag, haar wonderskone kleed een oggend vroeg kom mis met kraakvars kleed hy hou haar hand in syne vasgevang vertel haar van swyende bome se kale belang vir winter se ontwaking, wagtend gereed o’ Heer laat ons, ons somerdae behoorlik indrink […]
Bôgom-restaurant
Wind loei droewig om huis se hoek vertel van hariges wat perskerestaurant plunder lang wolffluit-skaduwees speel wegkruipertjie tussen boomstam en danssende sonstraal bôgom, bôgom skree ou kees in vrugteryk onheilspellend wah-wah klink op deur takke boord ritsel … kraak … klap in wedywer om sappige vrug saggies slof-slof ek na binne kluisdeur fluister krakerig geheime […]
Die bitter en soet.
Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was die jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel. Veral as ons voor ’n donker […]
Maandagoggend
“Pieter! Sy gaan spring!” Geskok kyk ek hoe sy Johan lospote neervel met een beweging. Dan rondkyk en koers kies reguit bos toe. Johan staan beteuterd op en skud die stof vies van hom af. “Dit sal nou gebeur! Dis mos ‘n Maandagoggend!” skel Johan verergd. Pieter skree iets onhoorbaars en die mans nader die […]