Ode aan my hond Mister (Engelse-Shakespeariaanse Sonnet) (Silwer)
Met jou noodroepsein skeur die rampgordyn belange-en-emosieloos in twee; aanvaar jou deurtraplyf sy kankerpyn, sy afskeidslot, jou laaste treë, gedweë. Ek mis jou in my môre my ou hond en jou growwe rowwe blafstem in my dag. Jou leemte laat ‘n wrang smaak in my mond; ek wens dat ek nog hier vir jou kon […]
Iewers
Heer, iewers wil ek uit die wit sand grond langs die kus met sy sout see lug, dalk net my kop laat rus Die witsteenmure en kajuitjies wat uistrek saam die arms van die dag en ‘n spitsoor staffie, wat klokslags na fisante aas Skiet ons eggo’s weg in die sterre saam die nagtegal se […]
Godsverlate
(Goud) Die bloukraanvoël het net ’n veer gelos teen die versletevaal ou baksteenmuur (naas die oop deur van ‘n leë wolskuur) tussen doringstruik en granatebos. Net toe die laatson oor die einders blos en skarlakenrooi oor die hemel vuur; toe ’n wolkie stof oor die stil werf stuur het selfs sy oplaas van die grond […]
ESP
Ek lê weer vlugalleen in die klein kamertjie, staar na die dak, voel vuisvoos twak. Dan kom hy geruisloos, asof uit die niet, lê helend soos ‘n rofie bo-oor die verdriet, sprei sy hitte dwarsdeur my, bly speur in my oë stip tot waar ek ly. Dankie, dink ek, en straal van siel tot siel: […]
armada
stroompie vloei sag en helder deur die varing woude van die kloof kabbelende geluide wat die oor streel elke nou en dan sit ek op die wal beskou die genade van water om die hoekies kom ‘n blaar droë blaar met passasiers daarop iewers het hul opgeklim en ry saam na waarheen die blaar ookal […]
slimste in sy klas
enkel fynbos se tak lê skeef en afgeruk blaartjies afgepluk in droogte verswak dubbel spoortjies van jong grysbok proe aan elke stok bly in lae voortjies ek volg sy spoor sien hoe hy skrik vir die draadstrik tot ek dit verloor dankie sê dat hy slim genoeg was slimste in sy klas strikke kan vermy […]
fyt in die feit
dit is ‘n feit soos ‘n koei daar is ‘n koei met ‘n fyt watter een wil jy van weet ek het albei reeds vergeet ©Teárlach
Metafoor (Limeriek)
Oom Olifant, die reusedier, Se sterte laat die mense tier Soos hy woorde trap Laat hy blomme pap, So, skommel uit die verstuin hier! Charleine Collins © 2020 Illustrasie: https://www.theedgesusu.co.uk/news/2019/08/01/nostalgic-news-horton-hears-a-who-was-published-65-years-ago-today/
Grootste man met die kleinste hart……. Grepies uit ons lewe
Grepies uit ons lewe…. Herman werk laat gisteraand, Lesley, my kwadrupleeg-seun is by my Ma en Pa, ek dwaal deur die groot stil huis – laatmiddag Donderdag, 24 November. Van die yskas na die kamer… doelloos. Ek wil nie voor my Silhouette Cameo papier snyer gaan sit nie want ek het plegtig vir Herman belowe, […]