Jongste aktiwiteit:

Iewers

Heer, iewers wil ek
uit die wit sand grond
langs die kus
met sy sout see lug,
dalk net my kop laat rus

Die witsteenmure en kajuitjies
wat uistrek saam die arms van die dag
en ‘n spitsoor staffie,
wat klokslags na fisante aas

Skiet ons eggo’s weg in die sterre
saam die nagtegal se krete
bol die branders blouselblou
en skilder die nag onthou

Hoor ek jou Heer,
jou stem soos ‘n mistige koel soen
ting-tingel-ting-tingel, die dou druppels vanaf die rietdak
tot in my ongerepte hart

Kabbel ek rond
aan ‘n uitkyk môre
op ‘n fiets na iewers
waar Ú my lei.

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed