bosvark jag
foksies se asems jaag langbeen soos hul ouers was rats en vinnig oor gras en bos lig gebou, gebou om te hou ou vette kreun en knars deur bosse en takke woes snork en ploeg met tande alles moet net weg koes foksies kry sy snuf en jaag met onheilige geluid van tjankende waansin agterna […]
Binnedisse
sag sluip dit deur jou are jaar na jaar dieselfde bloed in dieselfde mense met ‘n hartklop, ‘n asem en duisende drentelente gedagtes buite buig almal al te graag saam jy verduidelik hoekom dieselfde mens nou so anders lyk maar jou hart ruk nog ‘n binne-ding uit ‘n lyk en ‘n paar skerwe jy staar […]
Net na dagbreek het ek jou vers gelees
(goud) Tóé wou ek weer skryf: oor hoe nagte lewe as skopsuile in die donker roep en as jakkalswelpe huil, hoedat die kras van honger meeue in die holte van my oor kan skuil, dat ek die fluitsang van ’n suikerbek wil eggo met my mond en dat ek wis hoe duisend hoewe dreun as […]
Nonnetjie (BRONS)
Nonnetjie Saans kom jy hartjiewit geruisloossag op donker dakke sit. Hoe kan iemand daarin onheil sien? Hoe ondeurdag, hoe sinneloos om jou te merk as boos? Hoe strooi hul goedsmoeds sonder spyt die gif wat húl eerder verdien? Ja, deurnag huil die vraagverwyt wat in jou aandroep skuil: Hoe-hoe? ©ASvdMerwe
Ver weg van die stad se geraas
Woordtelling 482 Stergradering Silwer Dit was die geskree-gesprek tussen politikusse wat my moertjie net nog ʼn fraksie stywer laat draai het. Hubby kan nie sonder RSG se Monitor program klaarkom nie en ek is al vergete dik vir die onophoudelike Corona verslaggewing – so al asof daar niks anders in die wêreld gebeur nie. Daagliks […]
Verrassing Vir Twee
Ons is alwéér oppad dokter toe. In die hitte. In die kar sonder enige lugverkoeler. Ek druk my kop so naby aan die oop gleufie van die ruit as moontlik. Ek weet ek is siek – ek is nie dom nie. Maar hoekom moet hulle elke dag ‘n nuwe toets doen en my inspuit? Die […]
Geraas in die agtergrond
Woordtelling 1017 Stergradering Silwer Van die kleinste insek tot die grootste land- en seedier sowel as elke mens, word beïnvloed deur die klanke van ons omgewing. Maar te veel of te harde geraas is nadelig vir elkeen wat onwillekeurig daarna moet luister. Dit beïnvloed alledaagse aktiwiteite soos slaap, kommunikasie, stresvlakke en selfs voortplanting. Almal reageer […]
Weg Hardloop
die trop hardloop in vel kleure saamgevoeg in spoed snorkblaf rasionaal die wedren knal. huppel oumens, kind gewaar g’n gevaar staan gedoom tot verligting van amper laaste tot eerste in dié trop. oplig koppe stop kyk luister snuif terug van ń heuwel kop laaste roggel ontsnap in voedsel strot van aanvaller en trop.
God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]
luiperd kranse
ver na die noorde lê ou schoemansdal daar waar die kranse wit lê van die aasvoëls se mis in sy klofies stap ons in groepe en soms heeltemal alleen in die blou skemer van die soutpansberg leef daar nog wild en roofdiere bosvarke en bosbokke is kos vir die luiperd wat daar lê wat soms […]