die padda (BRONS)
die padda die meisies lyk verskik en gil waar hulle bang bewe in die klas want die stoute Jannie wil met sy troeteldier spog as die gas ou juffrou Nel lyk doodbenoud vandag sal sy boude moet slaan dreig is nou haar een behoud oor die flater wat Jannie begaan want hy dink hy doen […]
ONAANGERAAK
As ek vandag êrens in die Kgalagadi park tussen Hartebees, Wildebeest en Afrika Luiperds kon sit sommer net so platgat in die stof sou ek my vergryp aan die wonders van ons land ek sou vergeet van die Boland se berge en my Vallei vol stomp goue koringlande. Ek dink ek sou eers Sekretarisvoëls en […]
GENOOIDE GAS (goud)
Die tafel staan gedek skarlakenrooi tafeldoek met ‘n witkant oorhangsel swart kerse weerskante toonkleurige lapservette en silwer messegoed netjies langs die borde op die plekmatjies gepak gebakte skaapboud, stomende aartappels ‘n driemaal slaai en ander opgedisde geregte sy sit aan kyk na die muurklok vat solank ‘n slukkie wyn en wag vir die laaste maal […]
Hunkering
(Cantena Rondo) In laaste strale van die dag verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal sag in die agtergrond vertel ‘n paddakoor hul verhaal in laaste strale van die dag verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal kom sit hartsverlange sag in ‘n traan weef beelde van onthou onder wakende oog van maan verrys ‘n […]
Die wilde perde van Aus (Silwer 1023 woorde)
“Amanda”. Ek wip soos ek skrik. Die klein figuurtjie staan hand in die heup langs my tafel. “Ek wil toesluit, jy sit al heeldag hier en dagdroom.” Sy skud die sleutels om haar misnoë te wys. Dagdroom se dinges. Ek gaan wraggies nie die verlate vlaktes in sonder om navorsing te doen nie. Ek skakel […]
duinelary
‘n duin is net ‘n hoop sand in die sand op my duin is daar skulpe op die duin groei net fynbos en vygies ‘n meter onder my duin is daar water in getye skuif die watervlak op en af daarin leef daar mikro-organismes miljoene spesies verteenwoordig my duin is dus nie net sand nie […]
smeekbede vir uitkoms (BRONS)
smeekbede vir uitkoms Namibië was onder die verskriklike druk van droogte … erg erge ergste! droogte mense op hul knieë smeek en soebat beloftes word gemaak – geloof die kruk uithouvermoë word gedryf tot ʼn hoogte asseblief Vader kom maak ons land nat groot dankbaarheid vir baie dele wat in oorvloed geseën is met laafnis […]
ballade van die rooi-bruin hen
rooi-bruin hen stap fluks om die hoek kloek-kloek en fier op haar pote soos ‘n boek kwitter-kwatter skrop sy dat die krummels spat pik-sluk sy boervrou se fees-koekies op die blad dik gevreet pronk sy om die hoek van die stoor daar sit die boer en rook op ‘n stomp agteroor kewê-kewê begin rooi-bruin hen […]