vere
.
stokkies in die bek
vlieg al wat voël is rond
elke spreeu en kransduif
gaan bou in elke denkbare
gaatjie of op elke lysie nes
die wind waai soms erg
waai vere in die wind
oumense wys en sê
broeityd my kind
hou die vensterbanke
skoon sodat daar
nie luise in
die huis
inkom
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.