Eierkelk
sag eierkelk my gedagtes heen daar waar die rus na waters lei waar geen traan dit meer kan keer soos ‘n waterval strompel na onder met die hoop dat waters sal val daar waar mens en dier die hongerpyne nie kan keer oorvloedig smeek ons U weë tastend voel ons die droë aardkors die donker […]
slang
– “met jou voete sal jy hom vertrap en hy sal jou in die hakskeen byt” – in die natuur is baie slange nie giftig het belangrike doel in die voedsel ketting wanneer die begrip “slang” egter figuurlik op mense gebruik word as ‘n metafoor word dit gewoonlik iets onheilig onderduims en bedrieglik pasop vir […]
Die nagspook se kuier. (Brons)
(713 woorde) Hierts! Jou nagspook! Soos ‘n vallende klip tref ek die gang se vloer met ‘n hik. Ek probeer paniekbevange my oë soos ‘n verkleurmannetjie rond te draai, terwyl my neus die vloer geselskap hou. Ek waag dit nie eers om asem te haal nie, nét vir ingeval. Na wat voel asof tyd sy […]
brakkenjan
– dou voordag krap hy teen my bed tyd om op te staan man my blaas wil bars jong heel nag uitgehou swaar lig ek my uit die warm komberse vinnig af met die trappe agterdeur oopgooi vinnig op met die trap vir oulaas weer inkruip met die salige gevoel van ‘n nog warm kussing […]
Die berugte Bengaalse Ming
(792 Woorde) As ek kan een ding sê oor vandag, dan is dit dat dit die beste en miserabelste dag van my lewe was. Die dag het wonderlik begin. Dit was ‘n pragtige sonskyn dag. Maar buiten vir dit, het ek wakker geword met ‘n gewaarwording: Ek was verlief. Ek was nie verlief op Maharaj […]
Is iets beter as niks?
“Die hoender!” “Issie dissie eier!” hoor ek hoe die kinders buite stry. Dis die eeue oue argument wat volgens my net een antwoord het. Die hoender, want God het die diere gemaak, daarna het die hoender eiers gelê. Dit laat my dink aan die bekende Afrikaanse gesegde: “n Halwe eier is beter as n leë […]
Luiperd – diereryk se trots
Luiperd – diereryk se trots stil geruisloos lê jy daar bespied die vlakte wyd gekamoefleerde lyf vol kolpatrone uniek jou oë mis niks prooi in jou visier wegkomkans skraal jou spoed fenomenaal een van die groot vyf ons land se trots kosbare diereskatte aan mens toevertrou mag ons nageslag ook jou in natuurlike habitat met […]
Hibernasie winter
Hibernasie winter saggies het die winter kom lê oor grasvelde spierwit versier bome hul somerdrag afgeskud tyd om te rus en net te wees knus sit onder warm kombers lekker groentesop in prutpot eindelik tyd om boeke te lees ag man, dis nou mos ‘n fees hondelyfies styf teen my sy snoete deur gaatjie vir […]
Dinge gebeur in drieë … of nie. (Brons)
(Woordtelling: 1052) Ek glo vas dinge (goed of sleg) gebeur altyd in drieë. Dis nie dat ek ‘n bygelowige persoon is nie, geensins nie, maar vandat ek kan onthou is dit asof ek altyd wag vir daardie derde ding om te gebeur, dan weet ek dit is oor en verby vir ‘n lang ruk. Vanoggend […]