Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hibernasie winter

Deur Marianne
Datum gepubliseer: 4 Junie 2021 Aantal woorde: 89 75 Kere gelees 1

Hibernasie winter

saggies het die winter kom lê
oor grasvelde spierwit versier
bome hul somerdrag afgeskud
tyd om te rus en net te wees

knus sit onder warm kombers
lekker groentesop in prutpot
eindelik tyd om boeke te lees
ag man, dis nou mos ‘n fees

hondelyfies styf teen my sy
snoete deur gaatjie vir asem
almal onder een kombers
tyd om geliefdes te koester

kom loer gerus in hier by my
hier in my hibernasie grot
warm sjokolade in bekers
hier word harte weer warm

©Marianne Buys
03 Junie 2021 07:42




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 19
Kommentaar telling: 0

Is gebore en getoë in Alberton, Gauteng. Dit is nog steeds my tuisdorp. Stel reeds van 'n jong ouderdom af belang in die skryf - en digkuns. Ek het vanaf April 2020 meer op digkuns begin fokus en is lid van verskeie diggroepe.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 133 gaste aanlyn

Bydraes – Argief