Toerwoer
Langs my lê die wonders van Afrika reg om my begroting se balans te pla ek sien die oseane in beeld ontvou met kleurkorale wat my asem laat ophou gooi die piramides in Egipte nie weg klipwonders in hulle eie reg. Al die Nasionale parke laat my hart trompetter met wild wat oral grom en […]
Ode aan Guppy
(Woordtelling 1006) Ja, dit is nog steeds daardie arms vol groot, swart, lawwe hond wanneer ons van die liefde praat, want wie kan ‘n mens se hart so vierkantig vol sit soos ‘n troeteldier? Daardie een wat ons eintlik nie wou gehad het nie maar wat my lewensuitkyk net ongelooflik verbreed het. Cesar Millan het […]
Aandadig aan moord (Silwer)
Verwoed gooi ek wal toe Boet eendag by die huis aankom met ‘n klein, sagte bondeltjie, maar die oomblik toe hy haar versigtig in my hande plaas, is my hart verlore. Die verskonings was gou vergete met die bang, kloppende hartjie teen my vingerpunte. “Toemaar” troos ek sag, “hier is jy veilig.” Sy was die […]
die kat is uit die sak (SILVER)
die kat is uit die sak jy weet daar is ʼn spreekwoord wat sê jy het vir jou ʼn kat in die sak gekoop nê nou sien die storie staan verseker so en ek weet jy sal dit kwalik kan of wil glo maar die kat in die sak is tuis waar hy lê heel […]
King Kong en die nagwag
John Smith was nog nie heeltemal gereed vir aftrede nie. Hy het gedink hy is, maar na ‘n maand saam met sy dierbare vroutjie, Jane, het hy besef sy gaan nie dierbaar bly as hulle dag en nag in mekaar se geselskap gaan wees nie. John was sy lewe lank ‘n deur-tot-deur verkoopsman – van […]
Paddas droom ook (soms)
Langs ‘n groterige plaasdam In ‘n modderige vlei staan ‘n miniatuur gehuggie genaamd Paddadys Die koninkryk se heerser, Parradigma was sy naam, het hierdie modderytjie selfvoldaan regeer presies soos dit ‘n brulpadda betaam Maar selfs paddakonings wil soms van hulle lewenskoers ontsnap Parradigma droom daarvan om die pad van ‘n Paddagoog te stap. Hy bou […]
Ek het ‘n tier
Ek het ‘n tier en ‘n tier het vir my ons het mekaar in ‘n dwaaldroom gekry my oë het saam met my voete gestap toe ek opkyk staan sy daar, ook onverhoeds betrap Agterdogtig kom sy nader, die edel oë staar stip haar bewegings soos die kabbelling van water oor klip skugter en versigtig […]
‘n Dag in Paddadys
Toe Koning Paddadigma een oggend vroeg opstaan voel hy ongeduring, hy kan dit nie verstaan sy kop voel swaar en groot, maar sonder koors of pyn boonop moet hy ontdek sy kroon is veels te klein Luid ontbied die koning Hoofhofknaap Parraraat flink wip hy by sy heerser in en sien die ontstellende (mis)daad. Parraraat […]
Ontdekkings Reis
met haar vergrootglasie in die hand ondersoek sy elke beweging klein met boetie soos ‘n skaduwee agter haar aan oral waar sy gaan bevind hulle hul op eienaardige plekkies en op hul ontdekkings reis gewaar hulle die miertjies op hul werkingstog die muur uitklim wonder ‘n mens wat in daardie gedagtes hul so laat staar […]