Jongste aktiwiteit:

Toerwoer

Langs my lê die wonders van Afrika
reg om my begroting se balans te pla
ek sien die oseane in beeld ontvou
met kleurkorale wat my asem laat ophou
gooi die piramides in Egipte nie weg
klipwonders in hulle eie reg.
Al die Nasionale parke laat my hart trompetter
met wild wat oral grom en brul en kwetter
tussen bome wat eeue al hulle wortels sprei
in berg, woestyn, kaal vlaktes en groen vallei.
Gelukkig is my verbeelding wyd en oop
daarom reis ek sonder om iets te koop.




Dink woorde is die mooiste en beste ding in die heelal. Hou van opbouende kritiek.

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed