ballade van die rooi-bruin hen
rooi-bruin hen stap fluks om die hoek
kloek-kloek en fier op haar pote soos ‘n boek
kwitter-kwatter skrop sy dat die krummels spat
pik-sluk sy boervrou se fees-koekies op die blad
dik gevreet pronk sy om die hoek van die stoor
daar sit die boer en rook op ‘n stomp agteroor
kewê-kewê begin rooi-bruin hen om hom draai
waai haar stert en swaai haar lyf soos ‘n kraai
kom-kyk, kom-kyk, skreeu sy terwyl sy lê
kekkel-lê, kekkel-lê ek gaan ‘n blink eier lê
kwakkel-lak, kwakkel-lak kom eend aan-ge-kwak
dit wil ek nog sien kwakkel-lak, seker weer twak
koekeloo, koekeloo, skreeu rooi haan trots, en sê
miskien het ons tog ‘n hen wat weet hoe om te lê
hen lyk lekker vet, dink boer en lek sy lippe sag
almal loer nuuskierig na rooi-bruin hen en lag
kwetter-kwater, kwetter-kwater skreeu die hen
kyk wat het ek gebaar, lyk na ‘n blink-rooi pen
boervrou kom ook nader en sy word al kwater
daar lê rooi-bruin pennie en lag soos ‘n skater
bring die byl skreeu boer se vrou en warm water
vandag is dit tyd vir ‘n hoender pastei nie later
wag eers vrou, bak nog eers weer koekies
miskien lê sy nog meer rooi-bruin pennies
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.