byterig
na weke se koue is my duin byterig
die koue het sy tol geneem
die reën het darem gehelp
blomme spriet oral uit
die natuur pas aan
by elke seën
by gebrek aan besigheid begin dinge roer
oral kruip skemer beleggers in om te
teer op die bestaande suksesse
teen verdoeselde pryse
wil hul infiltreer op
vorige beleggers
oor my duin het al baie rook versprei
van verskillende soorte duiwels drek
sodra hul uitgevang word ontvlam
en gaan hul in rook suile op, net
‘n paar wat daaruit gaan vet
word en verdwyn in niet
al op ander duine gesien hoe dit werk
die rysmier tye wat so stilletjies verskyn
slegs die meeue kom probeer help op pik
maar die inwoners verloor gereeld veld
die wat op die weiding moet leef
wat daar spore getrap het
mense soek veilige woongebiede
skemer-beleggers soek net geld
by verkope word beloftes gemaak
wat nêrens ooit volvoer word nie
beloftes op ander se beleggings
wat daaruit waarde verloor
vloek en skreeu hang oor my duin
van gierige teenoor behoudendes
die wat die hardste gil sit met die
donkerste skemer agter hul stem
wie sal wen en wie verloor –
omgewing sal tweede kom
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.