ESP
Ek lê weer vlugalleen
in die klein kamertjie,
staar na die dak,
voel vuisvoos twak.
Dan kom hy geruisloos,
asof uit die niet,
lê helend soos ‘n rofie
bo-oor die verdriet,
sprei sy hitte
dwarsdeur my,
bly speur in my oë
stip tot waar ek ly.
Dankie, dink ek, en straal
van siel tot siel:
Ek is vir jou so lief!
Hy antwoord instinktief
in sy eie taal,
vibreer sy spin
dwarsdeur my bewe,
streel my met sy sysag lewe.
Charleine Collins © 2020
Foto: Madelie Olivier
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.