Jongste aktiwiteit:

mooi jongnooi

vir sanet, my vrou

my emmer met gate, gestop met jou
van saamspeel en lag tot om klippe te kou

my blydskap, my vrede my aanhou met rede
dankie Pappa vir die vrug van al my gebede

letsels geploeg is daar diep in my hart
jou liefde gewater met al die getart

my geheim, my kys, my meisie toe vrou
my vriend en vriendin, my vennoot in huisie bou

halfdosyn kinders in liefde gebaar
elk se stem in ons ses-snaar ghitaar

ons salf en pleister en oor wat luister
verkleur jy die wereld die kers in ons duister

steeds my mooi jongnooi n kosbare wyn
blink van die aarde eindelose goudmyn

vir tyd en n tye geleen sal ons wees
been van my gebeente en vlees van my vlees

renier du toit
16/01/2012




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed