AREND
AREND Sprei oop jou vlerke groot arend hoog in die wolke op ń eensame vlug sweef hy hoog om sy kos te vind soek sy oë in die vêr te van die wind waterstroom suiwer tussen die kranse sweef hy oor die berge se kante sprei hy sy groot vlerke omhoog soos ń arend op […]
Duskant Hermon
(As mens van Tulbagh af Kaap se kant toe ry, by reeds geoeste koringlande en stapels strooibale verby) sien jy genade in die beeste (langs ‘n koel stroom) teen die wal en in die ampersomerwolke – wat soos asem – oor die kranse en deur klowe van ’n Boland blouberg val. © Carma Shaw 20 […]
Liefde is vir die voëls
dis die sout op haar lippe dis die sout oor haar wang en sewe pelikane wat bo Saldanhabaai hang dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans dis die wolke in die hemel dis die wit teen die blou en ooievaars wat koers verby Darling […]
Tortelduif
tortelduif jou mooi duif jy wat uitgesoek was jou vlerkies oopgespruit koer jy langsamerhand elke dag bewonder ek jou terwyl jy pik op die grond mielies en broodkrummels geniet tussen druppels dou vroeg in die more met die son se lig word jou eerste koer koer gehoor verlustig ek my in die oggendlied my wakker […]
sweep het geklap
wanneer die sweep klap beur die osse vorentoe begin die wawiele rol soms is daar eers onervare osse wat strem en ruk: ons Vader tugtig diegene vir wie Hy lief het; werk saam beur vorentoe Sy las is lig want Hy het dit reeds gedra ©Teárlach
Nag in die Bosveld
blink straal sy ogies terwyl die flits die nag indruis vroeër het hy sy maak kom maak klink die ganse op in die stille nag besef ons die jakkals aan die gang met geweer en al storm hul na buite vanaand verjaag hul die jakkalse gereed maak ons vir die vangs kry hul twee gevang […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n liefdesbrief
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer kyk […]
Waar sal die beeste wei
dis iewers op ‘n plek, heel van mens verlaat – daar waar winterbome met die vaal gras praat; êrens in die Vrystaat, waar ‘n dam nog blink – daar waar die son haar lig in die water skink © Carma Shaw 2 Februarie 2018
kattemarak
teen skemeraand melk hy die maan uitgesaai oor die wêreldwye eter rondom vlieg vlermuise verbaas oor kattekraai se mannewales ongestoord sit hy en peins hoe sal hy die maan bykom daar is so baie kaas daar moet baie muise wees sal hy ooit verstaan hoe ver die maan werklik is ©Teárlach