deel
meeue op strand deel dit met my en al die ander strandwandelaars golwe wat kom en gaan verstaan wat almal daar bymekaar bring feestyd vir ons wat seemusiek lief fisante sit hoogdrawend en bekyk hierdie besondere opera uitgevoer deur natuur en mense teenwoordig kraaie gil verbaas uit die boomtop eenkant op my duin sit my […]
GOEIE NUUS
Goeie Nuus In die koerante kom alte dikwels sulke berigte van rampe, politiese korrupsie, oorlog, terreur, geweld en ander onaangename gebeurtenisse. Allerhand katastrofes. Hoe vervrissend is dit dan om soiets te lees: In Noord-Duitsland het die polisie ‘n teddiebeer op ‘n rusplek langs die motorweg opgevang en weggevoer. Dit klink skrikwekkend — of belaglik – […]
Hennetjie en die res
hennetjie en die res hier is ’n hoender voor my hekkie met drie kuikens aan haar sy hulle skarrel en skrop die paadjie van dorings en distels skoon en as vader son so skuins na wes lang skadu’s oor die velde gooi klim hennetjie en kuikens ewe slim al op hulle skewe stellasiekooi ©adéle
Noudat gister verby is
Nóú wil sy weer haar eie lewe lei: Weer dooie blomme vanaf takkies breek, haar plante water gee (met voeding by), voel hoe die dorings van ‘n roos kan steek, verstom wees oor die kleur van nuwe groei terwyl haar hande – deur die son gevlek – bloeddruppels uit terloopse wonde bloei. Sy wil bidgoggas […]
Karoo droogte
Blinkblaar wag-‘n-bietjie gryp en vra wanneer kom die troostende reën dan my takke hang moeg reeds in stowwe gelaat en my voete vergaan in dorre Karoo stof gelaat swarthaak se arms strek uit en hy ween waar bly dan die lafenis, U wonderlik reën hul stemme verdof, hul kop sak bewoë neer met kele verdor […]
Karoovlaktes
Karoo briese fluister sagkens saam hul stemme laf deur kareeboom blare en hoog in die hemele sweef arende vry wieg hul op wieke van die oostewindmaat hoog teen swart gebrande ysterkliprante skater lawwe hittegolwe die hellevuur dans lok hul met valse oasis oor vlaktes alleen en verdwyn dan geruisloos oor horisonne heen alleen in die […]
kerstyd hartseer tyd?
wonderlike geluide van golwe seevoëls en kinders wat baljaar vakansietyd begin vroeg vanjaar kinders wat sandkastele dolwe eergister is grysbokkie omgery hy was daar waar hy altyd wei so ook ou skillie se dop plat gery mensdom wat uitbreek en bevry heel jaar se spanning opgebou vind uiting in onnosele vergryp een fout na ander […]
Kersnag in die Karoo
Heel die hemel kyk neer oor vaal bossies en klip na ‘n stal en ‘n windpomp naas ‘n kraal en ‘n krip. Al die melkweg se sterre skitter helder daarbo – oor ‘n stofpad wat kronkel deur die dorre Karoo. En elke naguiltjie roep sodra die son ophou skyn en laat gesange vol hoop deur […]
Nie gebou vir gate grou
Nie gebou vir gate grou. Ek sien ‘n man wat in sy werksbakkie sit en pap eet, met vaal vleis in ‘n dooie sous. Daar dryf drie stukkies wortel. Die vleis is min, die pap baie. Hy het onder die koelteboom in die doodloopstraat parkeer. Ek blameer hom nie, die son hamer op die teer […]