GOEIE NUUS
Goeie Nuus
In die koerante kom alte dikwels sulke berigte van rampe, politiese korrupsie, oorlog, terreur, geweld en ander onaangename gebeurtenisse. Allerhand katastrofes. Hoe vervrissend is dit dan om soiets te lees:
In Noord-Duitsland het die polisie ‘n teddiebeer op ‘n rusplek langs die motorweg opgevang en weggevoer. Dit klink skrikwekkend — of belaglik – maar dit het ‘n goeie uitgang. Die ouers van ‘n sesjarige kind het die polisie aangeroep om die speelgoed as vermis aan te meld want die kind se trane was so dik dat hy nie kon slaap nie. Die „Autobahnpolizei” het die uitgebukste dier toe op die rusplek gevind en huistoe gebring.
Daarna is foto’s gemaak van „familie, vriende en veldraer”, soos dit in die koerant gestaan het.
Dis mos hartvervrissend. Of hoe?
8e.Januarie2018…………..(o;╞,…………………………………..tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.