Jongste aktiwiteit:

AREND

AREND

Sprei oop jou vlerke groot arend
hoog in die wolke op ń eensame vlug
sweef hy hoog om sy kos te vind
soek sy oë in die vêr te van die wind

waterstroom suiwer tussen die kranse
sweef hy oor die berge se kante
sprei hy sy groot vlerke omhoog
soos ń arend op ń hemelboog

goue sonstrale gee weer nuwe hoop
soekend wag hy vir sy nuwe prooi
blydskap maak sy oë weer oop
arend se kleintjies het uitgebroei

@Eleen van Deventer Vorster




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed