geknakte fluit
– die melodieë wat uit jou vloei versag die harte van konings dit neurie aan deur die eeue – geknak is jy en weerloos nou lê jy op die sand van die lewe reg om weg gegooi te word – lap en plak ons mense jou sagte woorde van empatie wat jou nooit weer laat […]
leë hande
– hande vol goud sakke vol eiendomme geheue vol wêreldse kennis alles mense-dinge met nul waarde so dryf ons op die wolke van sonde elke rots van ons geloof gekraak en met die mag van die wêreld uit die pad geskuif en vergeet so leef ons in ons bravade ook in hierdie mooi land wat […]
ut nulla cupiditate afficiatis
– mooier as lewe is sy emosies raak verdring my hart gee bokspringe al was dit reeds oop gekerf mooi en rein bly altyd mooier saggies en teer soos ‘n veer bewaak tog my hart o Heer teen versoeking wat soek teen emosies so ongetem dit wat gedagtes ontstem elke gruispad se klippers wat my […]
Les Misérables
– selfs net die naam laat my verstom om te lees is ervaring en lewe self nooit voorheen het ek dit ervaar asof my eerste liefdeservaring lees stadig omdat elke sin heuning vir die siel is – die bevolking is ‘n bejaarde Narcissus wat homself aanbid en die alledaagse toejuig daar is meer blydskap in […]
bemin
– solank onbekend onbemind bly sal die wêreld altyd trane stort – met ‘n glimlag die nuwe dag binne so glim jou lig en skyn oor almal – goedgelowigheid lei meestal na skade jy kan net nie meer bekostig om te vertrou – praat jy nog van jou beminde wanneer hou verliefdheid op en begin […]
stil
– “stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas.” (Jan F E Celliers) – leiers pop soos popcorn uit op ‘n warm pan in grootse fanfare en luidkeelse simbaalse krete kondig hul, hul eie onbehulpsaamheid aan – die profeet van pampoenvlei vertel ‘n storie sy aanhangers lag en jil elke klankie […]
vet
– van die vet van ons land lewe julle nou al vir twee dekades die wit beendere steek oral uit meeste van die sagte vleis reeds daarmee heen – eeue se bouwerk verniet met groot gierigheid opgevreet selfs aasvoëls het nie aas nie geraamte hang droog in die wêreld wind – aanstons kom die maerte […]