Die lewe is ‘n aangaanding (Goud)
die lewe is ‘n aangaanding in ‘n waansinwaas gebore wat in sy strompel deur die jare elke dag moes nuutbreek en uit ‘n rooi geriemde afdraaison ‘n nietnag af moes wring die lewe is ‘n aangaanding in hoopsels vasgevang van huiwers teen die ure en wagtings op die wind vir lig of donker dinge om […]
verbrokkel
– wanneer ouderdom die veneer van hoogmoed begin aanval en krake verskyn kom die ewige verskonings in aanvalle tevoorskyn – valse trotsheid oor rykdom en eer wat ander besmeer het met armoede en seer is ‘n kanker vanself – die jare wat tel is die oudword-jare voor deure van die hel trotsheid verbrokkel en word […]
boude en blaaie
– skraal is hy, maar ses voet ses staan hy stadig op van sy knieë die rooibok oor sy skouers gebind so stap hy teen die rante af tot waar sy waentjie staan niks van bakkie-jag vir hom niks van hande wat moet dra niks van rituele en disrespek vol deernis vir skepping van God […]
LAASTE VERS (goud)
En snags as jy droom en die nag haar arms om jou vou sal jy my laaste vers aan jou ook onthou die een waar ek bid dat jy weer heel moet word veral die strofe waar ek wens dat jy my sal kom haal en my huistoe sal vat. © 7/2022 Caren Kearley FB: […]
KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]
omdraai
– uit die verlede groei daar die hede alles vergewe en vergeet – op die ou plaas daar by die moerbeiboom daar het ek lewe gevind soet en pers op my tong – lewe was soms saai telkens die ewige koebaai tot daardie jaar op kromdraai wat gelei het tot omdraai – van voor begin […]
wys
– tussen fynbos en duine verdwaal my siel soms baie erg verstaan ek nie altyd waarheen my lewenspad my neem nie – tussen droë sand en blomme verwaaide gedagtes van weleer verval ek soms in die verlede en oordeel ek opnuut – tussen wysheid en verdwaas wees lê daar ‘n ewigheid van onvergenoegdheid om die […]
Exodus van ‘n stadskind (goud)
hoeveel keer moes jy jouself verskeur dapper stapper stadskind? vir die omkeer voor die verweer voor fakkels van vergeet in die verdowende rinnewasie … bemors is jou stad en besoedel jou hart van swetswonde tussen die gejaag en letsels van ‘n tong wat skuur aan uitgedroogte lippe- want jou dorstigheid jou sielloosheid is die rotte […]