Ons almal se wense…
Mag jy vir elke traantjie tien duisend glimlaggies ervaar, want almal van ons kry op ‘n tyd van ons lewens baie swaar. Maar ons mag nie moed op gee nie, want onthou Hy is die Krag, en baie is moontlik deur Hom wat vir jou die krag gee. Vir elke stukkie harsteer wat jy ervaar, […]
Oumense en Elfies
Die houtvuurtjie knetter om stories te hoor en ons sit al klaar in ons drome verloor om grootoog met muisoortjies te luister wat Oupa se elfies saans vir hom fluister! En Oupa vertel van die Son en die Maan en van elfies wat ook maar eendag doodgaan… Maar Oupa se stories sê darem bý Oupa […]
Sonde, soos die berg Arrarat …….
Sonde, teel aan soos konyne; ja, voor jy weet lê, (soos uitgespoegde bokdrolle) al jou pêrels voor (sò vraatsugtig) die in-modderrol-swyne. Myne, was die berg Arrarat – maar toe in sielsbelydenis die verbondsark daarteen strand, word, (feniks-herrysend deur die vloed ontkool), my strafvulkaan (in sak en as), uitgebrand. En nou, (dank die Heer), eggolalie my […]
God se skeppingkeur?
Viooltjies geil in bonte blou vergeet skoon van die winterkou papawers weer in sagter kleur waar wilgers langs die leistroom treur Maar bergaalwyn het klaar geblom wag grysgroen weer tot winter kom en in haar plek blom gousblom geel met vlindertjies wat oor haar streel Pampoenblom rys haar stug kordaat met nerfies-aartjies fyn brokaat want […]
VROU BY JESUS SE VOETE
Vrou by Jesus voete. Vrou van strate af, besmet met sondelas, kom met ‘n stukkend’ hart. Soos erdekruik wat bars, Stort jy ‘n oorvloed trane uit Om voete te was van Hom wat kosbaar is. Jou hare is jou afdroog doek. Jy soen die voete oor en oor. Met kosbaar olie salf jy voete wat […]
Versugting
Maak my ’n lied wat God’s liefde besing o Gees van vertroosting wat vrede bring was my dan spierwit in die Lam se bloed en skep so in my weer ’n rein gemoed. Poets ook my lampie so dof en wat kwyn tot liefde wat gloed en donker oorskyn sodat ander nog deur sonde verblind […]
GOD SE MOEDERHART
U voel met deernis; ja, U ken die vrouehart. Voortplantings krag het U in haar geplant. Die hemel en die aarde Is geskep met asemteug. U’t sterre laat ontplof In hemel ruim. U asem bring die lewe! Vroulik– dis u vrugbaarheids plan. Satans mag verbreek U Deur u opstandings krag. Hy’t nie geweet van Vader […]
ANNA-MART KLIM UIT DIE KAS
Klein Anna-Mart se hart is baie seer sy is so bang dat sy nooit goed genoeg sal wees vir Jesus nie. Elke dag sê mamma dat Jesus vir haar kyk en dat Hy weet as sy stout is. Sy sê dat Hy haar eendag gaan straf omdat sy nie luister nie. Vandag het sy al […]
BLOM VAN DIE VELD
BLOM VAN DIE VELD O blommetjie vol eenvoud, sê my tog: Hoe is dit moontlik dat jy my so bly kan maak? ‘n Voëltjie wip kordaat hier op ‘n klip: Weet jy dan nie? Verstaan jy nie? Dis omdat God in haar gesien kan word.