Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Geluk"(Bladsy 52)

soms word ek voordag wakker nog voor die sonlig kop uitsteek na ‘n woord met my Skepper en ‘n sterk koppie koffie skryf ek dan my hart se sake eers leeg op papier wit skoon leë papier vloeiende letters wat soms – net soms sin wil maak vir ‘n onvergenoegde lesersbrein ©Teárlach

in bloed geskryf lê my spoor deur afrika elke druppel wat in sand wegsak maak woorde op soos kraal mooi begrippe soos laer trek spierwit blomme van die drolpeer blok myself van kinderspeletjies en bok – bok – staan styf my spoor glinster in die helder son lê purper rooi in maanlig gehate spoor gesmaad […]

mooi verblinkerde sjokolade-hasies soek huise vir hulself in winkel vensters iewers snik ‘n moeder finaal oor haar seun mense loop en koop hasies by die dosyne kinders hang aan mammies se arms soebat behoorlik vir nog hasies eenkant snik ‘n moeder sag teen rant staan ‘n kruis groot massiewe een snags blink sy ligte vertel […]

soms wil my oë net drink drink en stoor van al die mooi mooi see-uitsigte en wolke daar bo mooi veldplante met blomme in reën mooi jong vrou wat vrolik daar stap mooi kinders wat vreugdevol speel al die mooi maak my nooit moeg genoeg daarvan kan ek nie kry skuldig voel ek ook nooit […]

Wanneer woorde wegraak soos perdeblomme in die wind en ek bewoë voel vol blydskap, nes ‘n kind wat blinkoogvreugdes agter elke graspol uit loop haal en duisend maal ‘n dag ‘n sagte sonstraal pluk (al waai ‘n windjie skraal) dan wéét ek weer opnuut hoe goed en groot is God: hoe lieflik Sy gebod Elizabeth […]

Op Bosveldpaadjies, oopgetrap wil ek weer sorgloos kaalvoet stap – net een maal nog ‘n hoep-hoep hoor, saans die as uit koue kole krap dis wolk en wind wat my bekoor langs sekelbos het ek my hart verloor, kanniedood en wildevy só sal die liefde met ons toor Elizabeth Kendall ©

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed