Jongste aktiwiteit:

pase

mooi verblinkerde sjokolade-hasies
soek huise vir hulself in winkel vensters
iewers snik ‘n moeder finaal oor haar seun
mense loop en koop hasies by die dosyne
kinders hang aan mammies se arms
soebat behoorlik vir nog hasies
eenkant snik ‘n moeder sag
teen rant staan ‘n kruis
groot massiewe een
snags blink sy ligte
vertel hy sy storie
onder eet ons hasies
vrydag oggend nagmaal
laaste pase tot eer van Hom
wat gehoorsaam was vir God
waarsonder ons ewig sondaars bly
paashasies teen die mure en glase
hasies vet en kleurvol in neon ligte
wat beteken die hasies dan mamma
weet pappa hoekom eet ons paashasies
het oupa en ouma ook paashasies ge-eet
hasies bruin sjokolade wat niks vertel
magies laat werk van te veel soet
wie wil nog hasies koop
hasie vir jou my vrou
hasie vir jou my man
hasie vir elke kind
maar geen traan
vir Hom

©Teárlach




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed