bloedspoor
in bloed geskryf
lê my spoor deur afrika
elke druppel wat in sand wegsak
maak woorde op soos kraal
mooi begrippe soos laer trek
spierwit blomme van die drolpeer
blok myself van kinderspeletjies
en bok – bok – staan styf
my spoor glinster
in die helder son
lê purper rooi
in maanlig
gehate
spoor
gesmaad
gehoon
verloën
maar
onuitveebaar
Afrikaans
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Pragtige gedig die.