resep vir geluk
guitigheid uit herdersblik hou oor haar krose die wag leer almal hoe om te lag rooi wangetjies verruklik blik vol innerlike krag bereid om saam te vermaan sal kinders altoos verstaan liefdevolle huis vol lag huis en haard sal nie vergaan een van wil, vlees en geloof sal hul mos kan voortbestaan ©Teárlach
kersfees (akrosties)
krisant euforbia ranonkel sewejaartjie fuchsia epigram enjambeer skepping ©Teárlach
Vrou
Ek weet jy stap deur tuine waarin daar skadubome is, verby laventelbos en lelies in die blom. Die rose wys hul mooiste kleure net vir jou en ballerinas* dans jou agterna. Die blomrok wat jy dra vou saggies teen jou lyf, die wind speel met jou hare wat (effens wild en vry) verby die ronding […]
van brood
in die bakhuis van la fontaan ruik jy suurdeeg strate alom gis brode wat uit oonde kom gebak deur bakkers van faam ver en wyd het kopers gekom plaas botter en brood so vars gemaal uit die koring en gars ander bakkers staan verstom la fontané se naam het versprei broodwaens ry steeds elke dag […]
swartland se meisie
o die swartland, die swartland se meisie is so mooi waai die velde, koringplante skiet nou vol sade oor die heuwels, wuiwende geel plante vol voedsel o die swartland, die swartland se meisie is so mooi oor die heuwels, wuiwende geel plante vol voedsel stap my meisie, met wit rokkie sing van haar liefde meisie […]
VEERTIEN SOENE NET VIR JOU
VEERTIEN SOENE NET VIR JOU Vers1 Veertien soene net vir jou betowerende liefling om vas te hou gee ek ň rooi bos rose om jou te behou verlang ek na my eie nooi smag ek na haar sagte lippe rooi Vers2 Veertien soene net vir jou betowenrende liefling om vas te hou mooiste toekoms vir […]
DIEP IN MY HART
DIEP IN MY HART Vers1 Diep in my hart is ek nog ñ kind wat strewe na drome in die wind waar sal ek weer my liefde vind dat ek my drome vas kan bind vers2 diep in my hart is ek nog ñ kind wat my drome tog eendag sal vind vasgevang in my […]
Branderwoorde
Vloed en eb beweeg deur siel en gees stort uit oor die strand se lewens sand Branderwoorde bly rol en rol die strand vol maar letters is hol Hul betekenis in tyd hul waarde kwyt op die lyn van verslyt Spoel op spoel bly dit woel maar die hart bly immer koel
Tinktinkie
Hoor… Hoor jy dit? Die fyn getik tik van ‘n tinktinkie se pik Hoor… Hoor jy nou? Die liefde roep jou Roep ‘n hart so flou Hoor… Luister gou na die roepstem van opregtheid en trou Tinktinkie fyn met jou lyfie klein hoe vind mens liefde so opreg, skoon en rein?
Een asem
Diep teug ek tot lug aan my longe lek Dan stadig asem ek uit dat dit gebruik Aansluit by die groot eenheid wat die aard-atmosfeer omsluit ‘n Gedagte flits – deur wie se longe gaan my asem nou rits