DIE PAD VAN JOU EN MY
Onthou jy nog die pad van jou en my se eerste punt loop daar by vrolik groet verby Die bultjie op tot bo by ken ek jou dan gly ons af by vrolik lag tot onder in plesier se draai Gelykpad nou verken se bosse deur die vlak lê voor met sinkplaat hier en daar […]
arendsoog
liefde-hang in die lug al waai wind verwoes strandkoors loop hoog glimlaggies en drukkies laat strandtonele flikker wyl meeu dit fyn beskou golwe breek in reëlmaat as bewys van ewigheid witsproei waai verwoes met deinende seestrome wat strate deur baai trek en poseidon om rotse koes duinevlug van bruin valkie wat laag skeer om te […]
Kategorie: TEKSTUELE REWOLUSIE
Kategorie: TEKSTUELE REWOLUSIE In antwoord op ‘n artikel met dieselfde titel van Susan Grobler*, waarin sy vermoed het dat die leestekens in Afrikaans gaan verdwyn, onder meer omdat die jeug al hoe vinniger en vlotter boodskappe wil oordra. Die internet (met SMS) skyn daarvoor bestem. — Hersien en uitgebrei. Die taal (enige taal) is nie […]
Hy is
van Bo gekom het Hy mens geword het Sy Woord lewe geword in Hom alleen is daar vryheid in Sy Seun alleen verlossing gely het Sy Seun en gesterf op derde dag opgestaan opgevaar na die Hemel langs Sy Vader sit Hy het nooit bely sonde erken Hy was en is sondeloos daarom glo ek […]
Daarvandaan
Naas die melkmaan agter sterre-kombers diep in kelders duskant my vryevers ontwaak ‘n hersenskim van brandende bos wat my borsholte vul met rosige hemelsblos © Carla Visser 29.11.2017
drama-teug
huppel-stap twee jongens verby duidelik hul wittebrood by see hang laf aan mekaar en streel liefde so mooi en heilig (vireers) geen siniese ou oom of tannie kom hulle geesdrif nou steel nou is dit net hulle wat bestaan reg en mooi en heilig is liefde saagtand spoel branders uit sit ek en bid dat […]
Gelukwyn
Gelukwyn Die enkeldrup van een allenstaan kraan soos die sagte huil wat twyfeltol oor die wang oor ‘n geliefde rol of reën se eerste aarseldrup terwyl donder binnewolk bliksem en aarde se draai na binne suig net so is die binnedreun van my enkelhart se eenmantraan as ek jou notegeur luister jou boeketklank my sagstreel […]
Druppelprismas
Druppelprismas Roggelweer en blitse het die nag soos dag verlig dreunend my drome ontwrig met venstertik van druppeldans het reën se nagmusiek soos vioolklank oor tjellodreun nag in watersimfonie deur opbou na crescendo verander tot oggend skoongewas sy lig deur druppelprismas in duisende kleure teen mure laat dans en waterspore in poele langs elke pad […]
Heuninglyf
Heuninglyf Die soet drup van jou heuninglyf wat onder my vingers stroop stadig drup en gly in taai heerlikheid jy begin draaidans soos by en ek die swermdreun van jou korf in my are hoor tot soet se stroop oor alles en in alles afdrup © Grootvissie November 2017