My pruttel woorde
Pruttel liefhê-letters dryfhout uit my hart nes ‘n hemelse lullaby; dit versamel nektar deur skrefiewimpers, want in jou beelt’nis het ek my vrede gevind. In die warm klanke van jou hartstaal gekaart soos druppende note uit ‘n basviool, wat die melkweg roekeloos nét vir my inkatrol. Ek verdwaal in die lagkreukels om jou oë, ek […]
Ligkaatser
Jou skadu is die vagevuur wat binne my gloei die refleksie van my denke word om jou gebou; J Y die ligkaatser van my diepste wese waar ek my werklikheid in jou oë druppel vir druppel in minnewoorde sien blom. © Anzé Bezuidenhout
Want daar’s niks wat lewe gee soos water nie
en ek’s jammer vir jou skape en ek’s jammer oor die bees die somers was nou drie jaar lank net veels te droog gewees ek weet die vleie loop nie en die veld is dor en vaal ek wis die son se skroei sal nog die laaste lewe uit selfs ‘n bitterbos kan haal maar […]
WONDERWERKERS
Maria was nog baie jonk en van Nasaret daarby – ‘n onbenullige ou dorpie met niks besonders in te kry. Maar op ‘n dag kom daar ‘n engel – (Gabriel, was sy naam) met ‘n boodskap van die Here af wat haar stil, verstom laat staan. Moenie bang wees nie, Maria (vertroos die engel haar) […]
Stille oseaan
In die strale van my hart se maan voel ek hoe breek verlange ‘n middelvoor deur my bestaan In die oggend’dou se stille ontwaak het ‘n stukkie hoop gehang en voor die skadu’s dit kon vang! Sissend suisend ‘n sagte stilte wat nakend uit my teerheid skyn en wegwas al die pyn
sterre reën
saffier smarag blou en groen die dag liefde woed sug ‘n robyn se gloed vol krag is my gees ek dra die vlag vreesloos my hart sterk van moed geloof dapper skarlaken lewe bloei woestyn van pyn skroei en vloei koud hartseer en alleen reën en reën sterre trane glinster blink in jou oë diamante […]
Heksriel
Geëklipseerd hang verflenterde letters aan die notebalk; bleek gebloei, tot teerheid gesnoei opmerkings nonchalant (met voorgedoende finesse) word soos cliché’s rondgestrooi óm ander omver te gooi soos ‘n Petrus trap jy seermaak-spore met ‘n ontblote kromswaard – sonder links of regs te kyk kap jy aan ore van die siel, dans slu ‘n hekse riel […]