Droogte
Met ‘n traanlose gehuil oor liefde, en verlore in onseker handelinge, soek hulle vir rede, vir antwoorde, vir die lyding en hul ewige smarte. Benoude tye en angstige gesug, wandel hand in hand oor ‘n brug, gebou deur die wat wil wegvlug, weg van die klug wat denke belig. Vrede, met sy hande uitgestrek, waai […]
RESENSIE: BAL, Heuning, die film
Resensie: BAL, die Film Gewoonlik vang mens in ‘n reeks met die oudste kapitel aan, dit wat as eerste gebeur het. Hierdie film, die derde, beskryf die kindheid van iemand wie se lewe as volwassene al verfilm is. ☼ [BAL (Heuning); 2010; regie, boek: Semih Kaplanoğlu, met Bora Altas as Jusuf, die kind, Turkye/Duitsland] ☼ […]
~ Sestien jaar gelede het ek vir die eerste keer begin lewe ~
Vandag, tien jaar gelede, staan ek vroegoggend langs ons swembad in Upington, met ‘n koel luggie wat deur my hare speel. Ingedagte skep ek verdwaalde blare uit die swembad en my gedagtes draai soos altyd rondom my leë baarmoeder, rondom die doodsheid binne my. Twaalf verspilde jare kleef aan my vlees, laat my wees, want […]
Vriende
vrienskappe is kosbaar soos diepsee pêrels vasgestring in snoere van mooi onthou geeneen van hulle is dieselfde nie maar tog is elkeen in my hart se klop toegevou Party is die kleur van ‘n wilde angelier ander weer die blou van ‘n koringblom gedagtes vloei soos riviere sonder end bly herinneringe aan hul liefde my […]
Jou dade het die Woord opnuut vertaal
toe alles woes en leeg was het jou wese in die takke van die boom van kennis van goed en kwaad (daar waar die Gerubs waak) gaan lê jou liefde vir my geoffer in heilige offerbakke met die geur van jasmyn en kleur van die mooiste robyn in die vloed van jou oë het jy […]
Seën ons hande Heer
Seën ons hande Heer Daagliks word ‘n see van hande na U uitgestrek – – – Dis growwe vereelte werkershande, fyn en sag gemanikuurde hande, gewone alledaagse werkshande en ook kinderhandjies in gebed gevou – – – U onderskei elke hand se behoefte en luister na die pleit om genade, danksegging, en jubelende hallelujas – […]
In die hart van Korinte
ons liefde is vasgenaelstring by die dieper lees van Korinte daar waar genade immer dorstong na nog meer wil lek jou omgee maak blink natspoorpaadjies soos ‘n slak se spoor en dit is in die hak van die Wag-‘n-bietjie-bos waar ons liefde dan vasklou daar onder die Mopanie op die eentonige note van die sonbesie […]
Baksjisj
Baksjisj Met die nuwejaar ophande hoop ek almal sal werk hê en genoeg brood op die tafel om in gesonheid en liefde te geniet. Daarvoor staan elkeen dankbaar voor ons hemelse Vader as Sy kind en ontvang Sy genade daagliks verniet uit sy vaderhande want Sy Seun se lewensbloed was die hemelse kwitansie daarom hoef […]
Meisiekinders van my Hart
Blou oog, bruin oog glimlag vier ogies vir my, in die fleur van jul lewe, staar jul deur my laptop na my, en verrassend lief ek julle keer op keer. ‘n Moederhart sing van plesier, want gebede het waar geword. Eens in verhoudings verstrengel, raak gebede die toppunt van my lewe. Blou oog pragtig, verras […]
Kerskous
Ag, as ek kon my eie kousie pak sou ek so selektief kies. ‘n Potjie geluk en bietjie empatie selfs ‘n porsie begrip. Definitief opregtheid en mededeelsaamheid om verligting te bring, want feestyd eensaamheid is ‘n verlangestryd teen verspeelde tyd. Daar sal genoeg glimlaggies in my kousie rus om gemoedere te sus. Ag, as ek […]