Baksjisj
Baksjisj
Met die nuwejaar ophande
hoop ek almal sal werk hê en
genoeg brood op die tafel om
in gesonheid en liefde te geniet.
Daarvoor staan elkeen dankbaar
voor ons hemelse Vader as Sy kind
en ontvang Sy genade daagliks
verniet uit sy vaderhande want
Sy Seun se lewensbloed was die
hemelse kwitansie daarom hoef
ek nie daarvoor te bedel en daagliks
baksjisj te staan vir Sy genade nie ons
kan maar net nederig vra met danksegging – – –
Hy seën ons daaglikse brood deur sware
arbeid en vroeg opstaan verkry, maar
Hy gee dit net so goed sonder al die
swaarkry vir Sy beminde in die slaap – – –
Janetta – Helena [Babs]©
[Ps 127:2]
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek