Geel Magrietjie Vrou
Ek sien jou in rooi, en ek sien jou in blou,
maar geel is die mooiste waarvan ek hou.
jy sweef, kantel en dartel in my gees,
ai my vriendin jy is deel van my onthou se vlees.
Jou oë se blou les die dors in my onthou,
glimlag se rooi gee die monsters in my ‘n knou.
maar die geel in jou gees kantel my in my kop,
al trap hul jou blaartjies staan jy weer op.
Ek sit my arms om jou skouers as jy huil,
vat jou hande as die moedeloos in jou oë skuil.
ek troetel jou menswees met Gebed tot God,
wees goed vir Magrietjie, dit is Sy gebod.
Elke boodskap is deurtrek met geel,
jy het waarlik my vriendskap kom steel.
maar ek gee nie om want so is dit geskryf,
God het jou tot in my sirkel gedryf.
Ek koester ons vriendskap onvoorwaar,
want God het jouvir my gegee om te bewaar.
Geel Magrietjie vroujy warrel en woeker deur my siel,
jou geloof maak my ongeloof om weer te kniel.
Ek sien jou menswees in die strale van die son,
jou vriendkap vloei soos ‘n kabbelende stroom.
jy is die sagtheid en dierbaarheid in my dag.
my sielsgenoot saam met jou kan ek weer droom.
Mariette Stoker
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Mariette, let daarop dat sinne wat 'n punt [.] volg altyd in hoofletters geskryf behoort te word. Dit is ook belangrik dat die rympatroon nié geforseerd oorkom nie en op 'n paar plekkies wil dit blyk dat jou woordkeuses uitsluitlik tot die patroon bydrae en nie genoegsaam deel vorm van jou gedagtegang nie. Ek dink hierdie vers het baie potensiaal maar dit sal meer geslaagd wees indien jy 'n meer vryevers toenadering volg en weg beweeg van die rympatroon. Kyk of jy daaraan wil werk en gesels gerus. IM