Stille oseaan
In die strale
van my hart se maan
voel ek hoe breek
verlange ‘n middelvoor
deur my bestaan
In die oggend’dou
se stille ontwaak
het ‘n stukkie hoop gehang
en voor die skadu’s dit kon vang!
Sissend suisend
‘n sagte stilte
wat nakend uit my teerheid skyn
en wegwas al die pyn
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek