Ken jouself
“If you do what you’ve always done, you’ll get what you’ve always gotten” Tony Robbins Sy weet jy wag vir die lig in haar nag, en soene wat soos sterre om jou sal skitter; sy sien hoe jy begeertiglik staar asof die son, maan en duisende planete om haar draai; maar sy sien haarself ook […]
Eeublom
Lente skemer oor gletser-riviere mits dese ontwinter my hart ook bietjie-vir-bietjie ek koffer jou sneeu groet jou kil-stiltes vir goed eeukaktusse blom mos eers na honderd jaar altoos seisoen ek voetstoots vorentoe deur sidderendsmis, my eeublom in sig. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Kriekesang
Drie uur in die môre oor die nag se walms in palms sing ‘n kriek triestig van verdriet krr-krrr-krrr-tjie-krr sy liriek word spasmodies met wanstaltige note – geen antwoord op sy skree – maar eensaamheid sleep hom mee ritmies tik dié nag verby vlietend ontbind my gedagtes v-l-u-g-t-e-n-d dit bring my t’rug na jóú my […]
Uit God se hand
Vandag het ek jou ontvoer na die heelal van my stiltes daar waar niemand ons mymerings kon hoor. Ek reis dikwels na hierdie plek (saam met jou… in gees) waar waanbeelde van ons mitologiese droombeelde regeer. Hier tussen die griekse gode smag ek smoorlik en behoorlik na die selfkant van jou siel. Op die oop […]
Om weet te leef
Jy weef vir my ‘n mat so sweef ons hoog bo die grond oor dale, oor berge, hoog bo wolke. Jy sing vir my ‘n lied wat eggo’s vleg om my siel beroof my ruimtes van stiltes so neurie ons saam met die wind en dans in die strale van die son. Jy skilder vir […]
Adelike siele
Jy was dom om na haar toe te kom in haar hart te kruip eeue lank te wag, g-e-d-u-l-d-i-g agter haar dofste eng spieël kadawers van dieselfde klawers narkoties in die walms van jul stiltes hou jy aan om haar siel uit ‘n skulp te mes met jou segende vingers liefkoos jy elke primadeeltjie van […]
Kan jy onthou?
Ek wonder of jy kan onthou dat ons ligjare gelede gedans het op die walms van die maan lank voor skadu’s gate sou brand deur ons gevleuelde drome; toe ons vir ‘n oomblik net na mekaar kon staar terwyl ek sterre probeer plant in jou oë. Lank gelede, my engel was jy d-a-a-r as ek […]
Napeinsing
By ons ontmoeting het ek jou reeds só gevind, my hartslam (verdrietig en bebrose) toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding diep in my siel het jou hart oop geskiet. Ek het gesien hoe jy verdwyn met elke haatvlam van jou hart se aarselende narsitiese klop terwyl jou vlerke ontbind. […]
Vrede
Wanneer branders breek eb en vloed onder die maan ryg ek hul een een deur die poorte van my siel om rus en vrede te vind © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]